BLOU PAMPOENE -
‘n paar gedagtes
Het die huis leeg geloop,
of is mense besig om in te trek?
Waai die "geld" in die kollektebakkie in, of uit?
Sonsopkoms of ondergang? Begin of einde?
Vir my lyk die huis effe spokerig,
maar dit sê tog: "Kom in."
Miskien is die "geld" 'n Kerk-traktaatjie (is daar 'n kruis op?) wat 'n bietjie uitgestryk moet word.
Daar is lig, en die pampoene is vet,
al is hulle gemerk - warts and all.
Dis baie stil - die simmetriese komposisie is sterk en maak alles rustig.
Die berg hou wag en was nog altyd daar -
Laat my nou dink dat die son sak.
Die mense het uitgetrek.
Die papier waai weg.
Die pampoene vrot.
Die keramiekbakkie val af,
breek en word weer klei.
Die huis verval tot 'n murasie. Klip en sand.
Die kaktusse hou lank uit, maar hulle is tog nie van hier nie en deur die mense aangeplant - hulle vrek ook maar op die ou end.
Net die berg bly oor -
dis sad, maar dis OK - die son kom weer op.
Etienne de Villiers