Waterkloof Oggenddiens
Markus 2:1-12
Die verhaal van die verlamde man
is een van mees merkwaardige verhale in die Bybel.
Die
skildery van Zak Benjamin
illustreer hoedat die vriende die verlamde man
deur die dakopening
laat sak
tot by Jesus.
Daar is `n paar interessante
sake in die verhaal.
Die skrifgeleerdes
wat ontsteld is omdat Jesus die verlamde man
se sondes vergewe.
En Jesus wat in reaksie
nie net sy sondes vergewe nie
maar uiteindelik die man ook genees.
En wanneer die man dan sy draagbaar vat en voor die oë van almal uitstap,
prys die mense God oor die wonderwerk.
Maar daar is `n ander aspek wat ons maklik hier
die rol van die verlamde man se vriende.
Die moeite
wat hulle gedoen het.
Die vriende dra
die verlamde man na Jesus toe
maar
Dan dra hulle hulle vriend tot op
die dak,
hulle breek die klei en die latte weg,
breek
die dak oop en laat die
draagbaar met die man daardeur sak.
En dan: Toe Jesus hulle geloof sien -
toe Jesus die geloof van die
vriende sien -
sê Hy vir die verlamde: Jou sondes
is jou vergewe.
sy sondes word vergewe omdat hulle glo!
Hier word nie gesê dat die man self nie geglo het
nie, dit is dalk ook daarby
maar dit gaan nie net oor sy geloof nie –
hulle
geloof speel `n baie
belangrike rol.
1 Wat is dit?
Ek wil vandag
spesifiek hierdie aspek beklemtoon:
om vir `n ander te sorg,
om `n ander te dra, om mekaar te dra...
Wat hierdie mense gedoen het
is die uiterste voorbeeld van sorg,
van "caringness",
van omgee, van naasteliefde.
Die sorgende
liefde vir ander is die kern van Christen wees.
Dalk is dit die essensie
van mens-wees.
die mens wat God wil hê ons moet wees.
Dit is wat ons is: sorgend.
Dit is interessant dat beide die Afrikaanse woord
sorg
en die Engelse woord care
iets van `n angstigheid,
ongerustheid, kommer ook in het
maar dit hoef nie negatief te wees nie:
want om sorgend te wees, is om besorg oor ander te wees.
Eintlik is dit iets wat baie positief is.
Die menslike prototipe
van sorg
vind ons in die gesonde
moeder-kind verhouding.
Dit is waar ons, volgens sielkundiges,
basiese vertroue
en betroubaarheid leer ken en
beleef.
Dit is natuurlik waaroor geloof ook gaan: Ek glo in God se sorgende liefde.
Maar interessant,
alhoewei moederliefde as spontane iiefde gedoen word
is daar ook `n aspek van morele verantwoordelikheid
wat daaraan gekoppel
`n Moeder moet vir haar kind sorg.
Die sorgende handeling kom nie altyd maar outomaties nie.
Ons het `n verpligting.
Ons moet dit doen as ons Christene
is.
2 Vir wie moet ek sorg?
Hierdie mense in Lukas het vir hulle
vriend gesorg.
In Gal 6:2
staan daar ons moet mekaar se laste
dra en
1 Tes 5:11 ons moet mekaar moed inpraat en mekaar versterk.
En Rom 15:1
Op ons wat sterk is in die geloof
rus die verpligting om die swakhede te dra van die wat nie sterk is nie.
Let daarop dat hierdie verse verwys na diegene wat swak
en belas is.
Dit
waar mense in nood
(need) is en gedra moet word,
versterk moet word en aangemoedig word.
Dit beteken dat daar `n verskeidenheid van situasies is
en `n verskeidenheid
van mense is wat gehelp moet word.
Ook `n verskeidenheid van wyses waarop mense
1 Thes
Jes 35:3,4a Bemoedig die wie se hande slap hang,
help die wie se knieë knik,
sê vir die wat moed verloor het: wees sterk,
moenie bang wees nie, julle God is hier.
Maar die beginsel
wat die Bybel stel gaan veel
verder
Die tweede groot gebod is: jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
En wanneer jy dit doen tree jy sorgend op.
En toe `n wetgeleerde
homself wou verskoon hiervan
deur `n diskussie oor die naaste aan die gang te sit deur te vra
"wie
is my naaste?"
het Jesus geantwoord met `n verhaal, die verhaal van die
Barmhartige Samaritaan.
Daarmee keer hy ons
vraag:
"vir wie moet ek sorg,
wie is my naaste", keer hy om:
Hy vra vir ons "Wie
se naaste is jy?"
Wie se
draagbaar dra jy?
Dalk is ons so oorweldig deur ons eie nood of ons eie agenda
dat ons ander nie altyd meer raak sien nie.
Of word ons ook verblind deur ons sosiale gesprekke
oor almal wat ons dalk
As ons eerlik is - dalk leef ons in te veel selfsug,
in ons eie wereld.
Dalk is ons so ingesuig in hierdie eie oorlewingstryd
dat my eie
behoefte en my eie veiligheid en my eie voorspoed en eie nood
alles geword het.
Buite my, buite ons, is daar nie veel plek vir ander nie.
Maar vandag se vraag is: wie se naaste is jy? Wie dra jy?
Hoe?
Kom ons kyk na hoe ons
Ek sorg al klaar vir `n ander
wanneer ek eg, aktief na daardie
persoon luister,
vir daardie persoon voel
en probeer verstaan wat hy of sy
deurmaak.
Ek sorg wanneer ek `n ander persoon aanmoedig,
ondersteun of vertroos.
In sulke handelinge sit iets van `n warmte en deernis,
ontferming, barmhartigheid
of selfs medelye in.
In Brittanje is daar `n vorm van hulp wat "befriending" genoem word.
Die hulp wat die "befrienders" gee is net
gebaseer op luister na,
die aanvaar
van `n ander persoon,
die poging om `n ander te verstaan
sonder enige poging om advies te gee
of beraad-tegnieke
toe te pas.
Ons
soms is dit nodig dat mense tereg gewys word,
ander kere moet diegene wat nie moed het nie,
die kleinmoediges,
moed
ingepraat word,
die swakkes moet gehelp
word.
Maar altyd met geduld.
Met ander woorde: die gesindheid waarmee ons dit doen is baie
belangrik.
Dit beteken dat ek so af en
toe by iemand tot stilstand kom
en werklik opreg vra "hoe gaan dit met jou?"
en dan werklik
luister as daardie een antwoord.
Daar is `n Duitse Teoloog wat die essensie van `n Christelik-sorgende houding
in gasvryheid
sien.
Hy koppel dit aan Rom 12:13
"Help die medegelowiges in hulle nood en lê julle
toe op gasvryheid."
Eintlik gaan dit maar net
oor liefde (Liefde)
en dan as iets wat gegee
en ontvang moet word.
Dit is soos `n egte
vriendskap, jy wil graag iets goed doen vir die ander,
jy wil belang
stel, jy wil help en sal uit jou pad gaan om te help.
Dit is `n omgee
wat mense help om die lewe te hanteer
(om te "cope").
as
gevolg van Christus se liefde wat ons beleef en ook wil uitleef teenoor ander.
4 Wat is die gevolg? Die effek?
Toe Christus hulle geloof sien...
het hy die man se sondes vergewe en hom ook genees.
Wanneer ons sorgend met mense omgaan
vind daar genesing
plaas wanneer iemand weer begin leef en voluit leef;
en begeleiding
wanneer jy help sodat hulle hulleself
en ondersteuning
deur bystand sodat hulle voel hulle word ondersteun;
en mense wat in vervreemding leef word versoen met hulself,
soms met medemense, soms familie en ook met God versoen;
en mense word bemagtiging
wanneer mense wat nie gehoor word nie `n stem kry;
en ons voed
(nurture) wanneer ons iemand iets gee
om hulle potensiaal te help realiseer;
ons help mense om weerstand
bied teen enigiets en enigiemand
wat vernietigend teenoor hulle optree;
ons help hulle om verlos
te word ("liberated") uit onreg, om heel te word.
5 Wat is die motief vir ons sorg?
Menslike liefde is om `n ander
persoon lief te hê
ter
wille van homself.
Christelike liefde beteken dat ek ander
lief het
ter
wille van Christus.
Die mees basiese motief
vir ons sorgende handeling
is nie ons eie goedheid en liefde vir ander mense nie maar
Christus se liefde wat in ons hart uitgestort is
en net eenvoudig met
ander gedeel moet word.
Sy liefde stimuleer
meegevoel (compassion)
wat ons oë oopmaak vir die nood van ander.
Miskien is dit net om te
deel met ander.
Ons het met ander woorde `n verpligting!
Daar is `n hele rits tekste wat ek
Ons moet die nood
rondom ons raaksien.
Ons moet `n pastorale,
`n sorgende hart ontwikkel
wat reageer
op lyding en pyn,
wat `n sensitiwiteit het vir ander se eensaamheid en verdriet.
God roep ons daartoe,
maar
mense rondom ons roep ook
daarvoor.
Hoor
ons dit?
6 Gemeenskap
Maar alles wat ek vandag gesê het sal min waarde hê indien ons nie besef dat
die aspek van gemeenskap primêr deel
is van sorg.
Wanneer ek sê sorg, sê ek deel, deel met mekaar, deel met ander.
Dit is veral en behoort waar te
wees van Christen gemeentes.
Iemand het geskryf van die
Christelike gemeente as `n ekologie van
sorg
`n "ecology of care"
Indien ons kyk na die eerste
kerk
dan het die eerste groeperings juis plaasgevind
tussen mense wat vir
mekaar sorg.
Maar is dit nog so?
Soms lyk dit of hierdie funksie nou dikwels geprivatiseer is.
Soms vind die sorg nou meer
plaas in plekke soos `n hospice, of
`n tehuis,
of deur `n organisasie.
Ons het nou sielkundiges en pastorale
terapeute nodig.
Dit is nie negatief
nie.
Dit is óók belangrik.
Baie mense sal selfs meer
gemaklik wees
om hulle gewone lewenswel en -wee
eerder met mense te deel by die werk as by die kerk.
En alhoewel dit goed is, is dit nie goed genoeg nie.
`n Kerk, `n gemeente, wat net `n ruimte is waar jy een keer per
week
na `n goeie preek kan luister,
het sy hart
verloor, is nie meer "gemeente",
wat gemeenskap beteken nie.
Om die hart van `n gemeente te toets
sou jy kon kyk hoeveel
van die gemeentelede by iets meer betrokke is
as net Sondae kerk toe gaan.
Daarmee wil ek nie beweer dat lidmate al hulle energie
in die gemeente moet inpomp nie.
Ek is juis oortuig dat ons `n roeping het om ons geloof elders
sigbaar te maak.
Maar daar behoort darem meer te wees as die insidentele kerk-toe gaan
alleenlik wanneer `n spesifieke persoon preek, of Kersfees, of
Paasfees.
Die hart van die gemeente
klop in die hart van sy lidmate.
In lidmate wat omgee,
omgee vir mekaar
en `n sensitiwiteit het vir die nood
en pyn en eensaamheid van ander.
Ons sal nie maklik hardop sê "Ek gee nie om
vir jou nie"
Iemand het gesê om dít te sê is die mees negatiewe
ding om vir iemand te sê
maar wat sê my gedrag?
Wat lei ander af van hoe ek
leef?
Sê my gedrag nie ook dikwels "ek gee
nie werklik om nie?"
‘n Gemeente behoort ‘n ondersteunende netwerk van mense te
verskaf
wat inskop indien dit nodig is.
Maar as ons nie dáár is onder gewone omstandighede
nie
gaan die wat nood het
nie weet wie om te vra wanneer daar ongewone
omstandighede is nie.
Volgens Joh 13:53 het Jesus gesê:
Hieraan sal die wereld weet dat julle my kinders is...
indien daar liefde onder mekaar is.
Dietrich Bonhoeffer het gewaarsku dat ons nie maar net
Ons moet dit vertroetel –
as ons die voorreg het om saam te woon! Dit is `n gawe
van God.
Slot
Liewe Boer en Suster,
Weet u van iemand in nood? Van
iemand met `n probleem?
Kom ons begin weer dakpanne afpak vir mense
om hulle te help
om hulle na die
Here te neem
Dit hoef nie net fisies te gebeur nie.
Dit
Ek dink baie van ons ken dit tot `n mate.
Hoeveel van ons het nie al ons kinders in groot kommer na die toe Here gebring nie
- sonder dat hulle dit weet?
Dit is die dak oopbreek.
Ons woon in huise met groot,
hoë mure om ons.
Ons weet nie altyd wie langs
ons intrek of woon nie.
Ons weet nie wat in hulle huise gebeur en wanneer
daar nood is nie.
Ons
Sonder om ander geleentheid te gee om ons te ontmoet.
Kom ons word weer mense wat sorg vir ander mense
wat `n naaste is
vir ander
mense wat geloof
het vir ander.
Kom ons dra
mekaar
Amen
Dr Jan de Jongh van Arkel