Modern Man wat sy siel verloor het, teken die (hedendaagse) menslike toestand en predikament op felle wyse. Hierdie mens (en op 'n manier is dit ons almal) sou baie komies gewees het as hy nie so tragies was nie. Die simbole van elegansie is nog daar, maar ons naaktheid en gebondenheid kan nie meer verberg word nie. Miskien is die diepste probleem van ons tyd vervat in die woorde SOUL LESS. 'n Nommermens sonder binneste. Die skildery herinner my via Openbaringe 3 ook aan Oogsalf  omdat ek dink aan die woorde: "jy weet nie dat jy arm en blind en naak is nie". Modern Man sien nie meer nie, maar word (negatief) gesien.
Danie du Toit
Zak Benjamin
Modern Man, 2009
Oil on board
600x800mm
ZAR 13500