This work was a challenging commission.
As the children left home and started scattering around the world, Paul and Elbe Minnaar wanted a painting that drew their whole family together.
The artist and clients collaborated in finding objects that represented the interests, occupations and even the location of family members. It was not easy to make all these disparate shapes sit together comfortably in the painting, which had to have a tall, narrow format for a specific spot in their home.
Elbe skryf:
"Zak Benjamin is 'n denker en begaafd om persoonlike lewenssimbole van 'n kliënt meervlakkig as kunswerk te vertolk. Die vliegtuig (wat duif word), die groot stoel (as troon) en die gesiglose persoon, stel duidelik ook die Drie-Eenheid teenwoordig. Die mense wat om 'n tafel bymekaarkom, besig om saam te eet, te beraad of bid, kan 'n beeld wees van 'n gesin wat om die wêreld hande hou - terwyl die inspirasie vir hierdie fokuspunt eintlik 'n kleipotfontein in die tuin is - op sigself simbolies die Christen. Hierdie beeld word verder uitgebou waar die spuitende water soos saksefoonnote oorgaan in klank. Die letters van ons kinders in Nieu Zeeland, word vertolk deur Maori skrif. So herinner die fiets aan 'n kind in Denemarke en vertel 'n varkoor van 'n trouruiker.
Hierdie kleurvolle kunswerk is vir ons 'n verankering, waar betekenisvolle simbole van ons gesin se werk en sport, vreugdes en verlangens byeengebring is in 'n kleurvolle geheel, met 'n tikkie humor.
Dit is 'n voorreg om met Zak saam te werk omdat hy luister en gedagtes meerdimensioneel sigbaar maak."